click

Date: 5/7/2008

Gevoelente

Ek loop al met hierdie gevoelente in my hart en dalk is die gevoelente 'n teken dat ek dit in my hart met jou moet deel. Die Here slaan my so nou en dan met 'n vyetak van genade oor die kop en dan voel ek so gebless dat ek net wil spring en lag en dans - want HY is so goed vir ons. Iemand het vanoggend gese dat die Here deur mense met mense praat. Dit voel of die Here vandag vir my se dat ek vir jou moet vertel dat HY vir jou ongelooflik baie liefhet - en as jy vandag dalk bietjie af voel moet jy onthou dat jy baie het om voor dankbaar te wees! As jy vanaand jou voor die tv uitstrek of jy dalk vir jou 'n lekker Peanut butter broodjie smeer 'n vleisie op die kole gooi of in die bed klim, moet jy onthou dat selfs dit 'n blessing is!! Eintlik is ons almal met die vyetak van genade geslaan - ons besef dit net nie aldag nie. Lekker dag. Mag jy 'n spesiale drukkie van Jesus ontvang vandag.


Comments (4)
Blogs
Main