click

Date: 10/24/2009

Rusie oor krummels

'n Brood Val uit 'n bewegende broodwa en rol 'n entjie verder. 'n Stukkie breek AF en Bly in die straat le. Drie mossies peil AF op die stukkie wat afgebreek het. 'n Hewige bakleiery breek los. Een kry die oorhand en begin die krummels gretig oppik, terwyl die ander twee met luide protes in 'n boom gaan sit. Nie een van hulle het die Groot brood 'n entjie verder raakgesien nie. Hulle was besig Om oor die krummels Te baklei! Ons maak rusie oor Klein dingetjies en ignoreer dit wat eintlik belangrik is. Oor die nietighede word ons vir mekaar so kwaad dat kosbare verhoudinge verbreek word. Voordat ons oor die krummels twis, kom ons kyk eers rond en sien die Hele brood raak! Die krummels is nie die gevolge van die twis werd nie! Liewe Heer, Laat ek vandag onderskei tussen krummels en die dinge wat werklik saakmaak.


Comments (2)
Blogs
Main