Date: 3/7/2008
Die 3 bome (deel2)
Die derde boom wil maar net n boom bly: Ek wil die grootste en mooiste boom op die heuwel word. Mense sal my in verwondering aanstaar en opkyk na my magtige takke. Dan sal hulle dink aan die hemel en aan God, en hoe naby ek aan Hom is daar hoog in die lug. Ek sal die grootste boom van alle tye wees, en die mense sal my vir ewig onthou. Jare het verbygegaan en die drie bome het bly bid dat hulle drome verwensenlik sou word. Toe daag die houtkappers op in die woud. Oor die eerste boom het hulle geredeneer dat dit n pragtige sterk boom is, en dat hulle dit aan n skrynwerker kon verkoop. Terwyl hulle die boom afkap is hy baie bly want hy het geweet sy droom kon nou bewaarheid word. Die skrynwerker kon hom immers in daardie pragtige juwelekis omskep waaroor hy so baie gedroom het. By die tweede boom het die werkers gedink dat dit die ideale boom sou wees om aan n skeepswerf te verkoop, en ook hierdie boom was bly, want sy droom om n groot skip te word was besig om uiteindelik n werklikheid te word. Die manne kom staan om die derde boom, en sy hart krimp inmekaar. As hulle sou besluit om hom af te kap sou sy droom mos nooit bewaarheid word nie! Ek het niks spesiaals nodig nie. se die een houtkapper. Ek sal hierdie een maar vir my afkap. Dalk kan ek hom eendag wel vir iets nuttigs gebruik. Die arme boom se drome spat aan skerwe waarom moet so n lot hom dan tog tref? Hy het sulke mooi ideale vir die toekoms gehad
Blogs
Main