Date: 3/7/2008
Die 3 bome (deel3)
Die eerste boom het by die skrynwerker aangekom. Daar het hy dit in n ruwe houtbak omskep waaruit diere gevoer word. Hy is na n stal geneem en daar is strooi in hom gegooi. Hierdie was die allerlaaste ding waarvoor hy gebid het! Jiggie! In plaas van n juwelekis vir koning en prinse, n voerbak vir diere in n vuil stal! Die tweede boom is opgesaag, en n klein visserskuit is uit sy stukke vervaardig. Al sy edel drome van die wye oop see en magtige winde in sy pragtige seile en groot konings en wereldreise le in skerwe. Die lot van die derde boom was nog erger. Hy is opgesaag in balke wat erens op n donker solder gebere is. Alleen het hy daar gele, vergete. Jare het gekom en gegaan, en vergete was die drie bome se edel drome. Toe, op n dag het n man en vrou in die stal ingeloop waar die voerbak staan. Die man het so gewens dat hy n bedjie kon maak vir sy baba wat enige oomblik gebore sou word, maar hierdie krip sou maar die doel moes dien. Die boom kon onmiddellik die grootheid van die oomblik aanvoel: Die grootste Skat van alle tye sou in hom neergele word. Is hy nie die mees bevoorregte boom in die ganse wereld nie!
Blogs
Main