click

Date: 3/7/2008

Die 3 bome (deel4)

Dertig jaar later klim n groep manne in die visserskuitjie wat uit die tweede boom gebou is, en vaar uit op die meer. En van die manne was baie moeg, en Hy het in die skuit aan die slaap geraak. Toe bars daar n geweldige storm los en die skuit het gedreig om te sink, maar die Man het wakker geword en met die storm gepraat, en dit het bedaar. Toe besef die boom dat hy in hom die Koning van alle konings dra. Uiteindelik kom sleep iemand die balke wat van die derde boom gesaag is uit die solder. Die Man wat dit deur die strate moes dra is gespot en geslaan. Toe word Hy aan die balke vasgespyker. Die boom word op n heuwel geplant sodat hy hoog die lug in optroon dat elkeen die Man kon sien wat daar n marteldood moes sterf. Toe dit Sondag word, begin hierdie boom besef dat hy al die tyd sterk genoeg was om daar op die heuwel te kon bly staan, en dat hy so naby aan God was as wat enigiemand maar kon kom, want Jesus was daar aan hom gekruisig. So dikwels bid ons vir sekere dinge in ons lewe, en dan werk dit nie uit soos wat ons die Here gevra het nie. Maar weet verseker dat die Here n plan het vir jou vertrou net op Hom. Hierdie drie bome het moontlik nie heeltemal gekry waarvoor hulle gevra het nie, maar in hulle wildste drome het hulle nie gedink dat hulle dit sou kry op die manier wat dit uiteindelik aan hulle gegee is nie. Ons weet nie altyd wat God se wil is vir ons lewens nie, maar wat ons wel seker kan weet is dat Sy wil die beste is vir ons.Skrywer onbekend


Comments (1)
Blogs
Main