Date: 2/3/2008
OM N CHRISTEN TE WEES
OM N CHRISTEN TE WEES. Wanneer ek se Ek is n Christen, roep ek nie uit dat ek n voorbeeldige lewe lei nie. Ek fluister dat ek verlore was, maar dat ek nou gevind en vergewe is. Wanneer ek se Ek is n Christen, praat ek nie met hoogmoed nie. Ek bely dat ek baie keer val en CHRISTUS nodig het om my te lei. Wanneer ek se Ek is n Christen, probeer ek nie sterk wees nie. Ek bely dat ek swak is en SY krag nodig het om aan te gaan. Wanneer ek se ek is n Christen, spog ek nie met sukses nie. Ek bely dat ek gefaal het en GOD nodig het om alles reg te maak. Wanneer ek se EK is n Christen, gee ek nie voor om volmaak te wees nie. My swakhede is heeltemal sigbaar, maar GOD glo dat ek waardig is. Wanneer ek se Ek is n Christen, voel ek nog steeds pyn. Ek het nog steeds my deel van hartseer, daarom roep ek HOM aan. Wanneer ek se Ek is n Christen, is ek nie heiliger as jy nie; ek is net n eenvoudige sondaar wat GOD se GENADE ontvang het. Besoek en sluit gerus aan by http://oubaas.wapgroups.com en sluit asb. aan by Oppie Koffie http://taffywap.com
Comments (7)
Blogs
Main