Date: 2/13/2008
DIE VISSIE
Die Klein vissie swem, duidelik gestres, op en af in die middel van die oseaan. Hy swem by die groot vis verby, en die ou kan sommer dadelik sien daar's fout. Hy roep die Klein vissie terug en vra hom waarna hy so ernstig opsoek is. Die vissie s toe dat hy dringend opsoek is na water, want hy't iemand hoor s dat 'n vis doodgaan sonder water. Die groot vis, duidelik al 'n old campaigner, antwoord: Maar Vissie, jy swem nog jou hele lewe lank in die water ...! Wat 'n openbaring vir die Klein vissie! Hy kon nie gou genoeg terugswem na sy vriende toe om vir hulle die goeie nuus te gaan vertel nie! As ons maar elke dag kan besef ons swem in die seen van God, swem in voorspoed, swem in geluk en blydskap en swem in die liefde van ons Almagtige Vader! Dit is somtyds net nodig dat ons stop en dit raaksien! Somtyds is dit selfs nodig dat ons so 'n tydjie afknyp om God te bedank daarvoor. Wees jy nou die Klein vissie en gaan vertel jou vriende waarmee God jou VANDAG als geseen het! Ek het vandag 'n werk, kos, klere, 'n motor, familie, vriende, ervaar liefde en ek is gesond .... Ja ek LEWE in GENADE. Ek DANK U, My Vader Heer vir alles waarmee U my so ryklik seen. AMEN!
Comments (9)
Blogs
Main